Quantcast
Channel: Idiome en uitdrukkings | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 540

Uitdrukking: Liewer bang Jan as dooie Jan

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Uitdrukking:
Liewer bang Jan as dooie Jan

Betekenis:
Liewer versigtig as dood

Waar kom dit vandaan?
Die Nederlandse uitdrukking van die vroeë 18de eeu was beter bloode Jan as doode Jan. Die blood het beteken “nie vrymoedig nie, beskroom, beskaamd, teruggetrokke”.

In Afrikaans het die bloode se betekenis vergete geraak toe die Nederlandse invloed afgeneem het en het ons voorouers dit verander in bang – ‘n woord wat bekend was. Die Nederlands het ook nie veel sin gemaak nie: as ‘n mens voor op die wa of vrypostig is in geselskap, kan jy kwalik seerkry. Logieser is dus: dit is beter om bang te wees (en nie te baklei nie), as om te veg en doodgemaak te word.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 540