Quantcast
Channel: Idiome en uitdrukkings | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 540

Uitdrukking: Alle grappies op ʼn stokkie

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Uitdrukking:
Alle grappies op ʼn stokkie

Betekenis:
In alle erns; sonder om nou grappies te maak; hou op grappies maak!

Waar kom dit vandaan?
Die stokkie waarna verwys word, is die sotskolf wat die nar aan die hof van die koning gedra het (dikwels in die vorm van ʼn stok met eselsore). Die spreekwoord was eintlik ʼn vermaning aan die nar om sy grappies nou te staak en vir homself te hou (letterlik op sy stok). Daar is ʼn Groningse toevoegsel en ‘t stokje in ‘t vuur, wat daarop dui dat die situasie só ernstig is, dat die nar sommer die stok (met grappies en al) moet verbrand.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 540