
Argieffoto (Foto: Pipsimv, Pixabay)
Uitdrukking:
‘n Padda in die keel hê
Betekenis:
‘n Krapperigheid of heesheid in die keel hê
Waar kom dit vandaan?
In Engeland het hulle geglo dat ʼn mens nie stilstaande water moet drink nie – jy sou dan dalk ʼn paar paddaeiers daarmee saam insluk! Die eiers sou dan stellig in jou maag uitbroei en die maklikste (hoewel nie die enigste nie!) ontsnaproete boontoe, deur die keel vind. Dit was dan blykbaar die oorsaak van hierdie krapperigheid, of heesheid.
Om die infeksie gesond te maak, is daar in die Middeleeue lewendige paddas in mense se kele gesit. Daar is geglo dat die fungusse in die keel daardeur vernietig sou word. Die kop van die padda is in die mond van die sieke geplaas, en as die padda asemhaal, sou hy dan die siekte “uittrek”.