Quantcast
Channel: Idiome en uitdrukkings | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 540

Uitdrukking: Op jou louere rus

$
0
0
Argieffoto (Foto: happyborder)

Argieffoto (Foto: happyborder)

Uitdrukking:
Op jou louere rus

Betekenis:
Nie verder lof probeer inoes nadat ‘n mens deur eie inspanning iets bereik het nie.

Waar kom dit vandaan?
‘n Louerkrans (of lourierkrans) of erepalm was ‘n teken van oorwinning; ‘n seëvierende generaal sou so bekroon word. Om daarop te rus, was dus om niks verder na te streef nie. Daar word dikwels ten onregte gesê dat die lourierkrans by die antieke Olimpiese Spele toegeken is. Daar was vier sodanige spele, elk met sy eie soort krans vir die wenner. By die Putiese was dit van lourierblare gemaak; by die Nemeïese was dit van groen pietersielie, by die Olimpiese van wilde olyfblare en by die Ismiese van droë pietersielie of groen denneblare.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 540