Quantcast
Channel: Idiome en uitdrukkings | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 540

Uitdrukking: Die see kan iemand nie skoonwas nie

$
0
0
Argieffoto (Foto: Skeeze, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Skeeze, Pixabay)

Uitdrukking:
Die see kan iemand nie skoonwas nie

Betekenis:
Iemand het so ʼn groot misstap begaan dat hy nie vergewe kan word nie

Waar kom dit vandaan?
Een verklaring vir dié uitdrukking word gesoek in die doop: Die doop was al ons sondes weg, maar die dade wat die betrokke persoon gepleeg het, is so erg dat selfs as hy gedoop word met al die water in die see, dit nog nie sy sonde sal wegneem nie. Baie vroeër is seewater skynbaar ook gebruik wanneer hande simbolies in kerkseremonies gewas is. Doopwater en wywater bevat ook sout vanweë die bygeloof dat die duiwel bang is vir sout.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 540