Quantcast
Channel: Idiome en uitdrukkings | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 540

Uitdrukkings wat ‘sand’ bevat

$
0
0
Argieffoto (Foto: condesign, Pixabay)

Argieffoto (Foto: condesign, Pixabay)

Taaltoffie ondersoek ʼn paar uitdrukkings in Afrikaans wat die woord “sand” bevat.

Uitdrukking:
Op sand bou
Betekenis:
Op ʼn slegte fondament bou
Waar kom dit vandaan?
Ontleen aan die Bybel: Matt. 7:26

Uitdrukking:
In die sand/stof byt
Betekenis:
Op die slagveld sneuwel
Waar kom dit vandaan?
Ontleen aan die toernooigevegte van ouds: die strydperk is met sand bedek en as die ridder afval, het hy in die sand gebyt

Uitdrukking:
Soos droë sand aan mekaar hang
Betekenis:
Nie samehang hê nie

Uitdrukking:
Gooi sand!
Betekenis:
Stadiger!
Waar kom dit vandaan?
Dit stam uit die dae toe stoomlokomotiewe gerem is deur sand direk voor die wiele op die treinspore te laat val sodat die wiele vastrapplek kon hê. Intussen is die idioom aan die verdwyn, saam met die kennis van dié gebruik van sand

Uitdrukking:
Ontelbaar soos die sand van die see
Betekenis:
Besonder baie

Uitdrukking:
Iemand sand in die oë skop/strooi/gooi
Betekenis:
Iemand bedreig/mislei
Waar kom dit vandaan?
Met sand in die oë kan iemand nie sien wat met hom gebeur nie

Uitdrukking:
Skuld soos sand hê
Betekenis:
Baie skuld hê

Uitdrukking:
Sand vreet
Betekenis:
Van ʼn perd/fiets/ens. afval


Viewing all articles
Browse latest Browse all 540