Quantcast
Channel: Idiome en uitdrukkings | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 540

Uitdrukking: Derde keer (of drie maal) is skeepsreg

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Uitdrukking:
Derde keer (of drie maal) is skeepsreg

Betekenis:
Die derde poging is gewoonlik suksesvol; alle goeie dinge bestaan uit drie

Waar kom dit vandaan?
Malherbe is van mening dat die ou opvatting dat drie ʼn heilige getal is, in dié spreekwoord skuil, maar dit is net ʼn gissing, want dit verklaar nie die byvoeging in Ou Nederlands van …en eenmaal voor de knecht nie. Volgens ander bronne was dit vroeër hoegenaamd nie ʼn dreigende opmerking nie, en het dit niks met seevaartstrawwe soos kielhaal te make gehad nie.

Myns insiens is dit vas en seker dat dit nie met die skeepvaart te make het nie. Die schepenrecht van Middelnederlands was die “wetboek vir die regspraak van die skepe, of die regspraak van die skepe self”. Hierdie skepe (Middelnederlands schepen) was regters wat die wet in ʼn stad toegepas het. Daar was dikwels sewe van hulle, waaruit een as burgemeester aangewys is en dan as die schepenburgemeester bekend gestaan het.

Die betekenis van “munisipale regter” blyk duidelik uit ander samestellings met schepen- in Middelnederlands, byvoorbeeld schepenbank (“regbank”), schepenboec (“boek waarin die vonnisse aangeteken is”), schependoem (“skeepsvonnis”, maar ook die gebied waar ʼn bepaalde erfreg, die schependomsrecht gegeld het, in teenstelling met die aasdomsrecht wat deur die buurtregters of azigen uitgeoefen is) en ʼn tiental meer, waaronder schepencnape (“geregsbode”). Die skeeps- van skeepsreg het niks met die vloot te make gehad nie.

As ʼn mens drie maal dieselfde oortreding begaan het, is jy onder die reg van die schepen vervolg. Maar nie as jy ʼn “kneg” was nie: dan het die Ou Nederlandse byvoeging gegeld, naamlik en eenmaal voor de knecht.

Dit maak sin as ʼn mens ook weet dat een van die betekenisse van Middelnederlandse cnecht juis “dienaar van die gereg” was: die polisieman het geen tweede kans gekry as hy ʼn oortreding begaan het nie – dit was sommer dadelik skeepsreg vir hom.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 540

Latest Images

Trending Articles