
Argieffoto
Uitdrukking:
Tussen die reëls lees
Betekenis:
Gevolgtrekkings maak uit die trant van ʼn teks, nie die letterlike woorde nie
Waar kom dit vandaan?
Vroeër het geheime agente ʼn soort ink gebruik wat onsigbaar was en wat eers deur die ontvanger behandel moes word om dit sigbaar te maak. Suurlemoensap is byvoorbeeld een so ʼn “geheime ink” wat op wit papier moeilik gesien kan word totdat die papier verhit word en die sap verkleur. As ʼn boodskap net ʼn blanko stuk papier was, sou dit die vyand agterdogtig maak. Die afsender het dus ʼn skynbaar onskuldige boodskap geskryf en die geheime woorde tussen die reëls met onsigbare ink aanbring. Die ontvanger het op hierdie manier die boodskap letterlik dus tussen die reëls kon lees.