Quantcast
Channel: Idiome en uitdrukkings | Maroela Media
Viewing all 540 articles
Browse latest View live

Uitdrukking: Al moet die kraaie dit uitbring

$
0
0
Argieffoto (Foto: iljaberendsen, Pixabay)

Argieffoto (Foto: iljaberendsen, Pixabay)

Uitdrukking:
Al moet die kraaie dit uitbring / Die kraaie sal dit uitbring

Betekenis:
ʼn Geheim of misdaad word altyd bekend

Waar kom dit vandaan?
Volgens ʼn Oudgermaanse volksgeloof kon kraaie misdade, byvoorbeeld ʼn moord, aan die lig bring. In die Ou Skandinawiese mitologie het die god Odin twee kraaie gehad, Hugin en Munin (simbole van dié gedagte en herinnering); alles wat hulle gehoor en gesien het, het hulle aan hom oorvertel.

In ʼn Middeleeuse verhaal waarsku ʼn kraai sy meester teen dreigende gevaar, en vertel hom ook sommer van die owerspel van sy vrou.


Uitdrukking: My garing is deurmekaar

$
0
0
Argieffoto (Foto: LoggaWiggler, Pixabay)

Argieffoto (Foto: LoggaWiggler, Pixabay)

Uitdrukking:
My garing is deurmekaar

Betekenis:
My sake is deurmekaar

OOK:

Uitdrukking:
Oplet hoe die garing deur die naald steek

Betekenis:
Oplet hoe sake staan

Uitdrukking: Op die swartlys wees

$
0
0
Argieffoto (Foto: AliceKeyStudio, Pixabay)

Argieffoto (Foto: AliceKeyStudio, Pixabay)

Uitdrukking:
Op die swart lys/swartlys wees

Betekenis:
Onder verdenking staan; as ongewens beskou word of opgeteken staan

Waar kom dit vandaan?
Swart boeke bestaan reeds sedert die Middeleeue. Ook in koning Hendrik VIII (1491 – 1547) van Engeland se tyd het hy ‘n swart boek gebruik om korrupsie van die kloosters daarin aan te teken en dit as getuienis gebruik om hulle te sluit.

Handelaars van dié tyd het ook begin rekord hou van slegte betalers en mense wat bankrot speel se name is in so ‘n boek aangeteken.

Selfs die universiteite het nie agter gebly nie: as iemand se naam weens wangedrag in die universiteite van Cambridge of Oxford verskyn het, kon so iemand nie ‘n graad behaal nie.

Dieselfde het ook in die regimente in die Britse leër gegeld – ‘n swartboeksoldaat kon nie bevorder word nie. Die boek is só genoem vanweë sy swart omslag.

Uitdrukking: ʼn Negedaagse wonder

$
0
0
Grafika: Prawny, Pixabay

Grafika: Prawny, Pixabay

Uitdrukking:
ʼn Negedaagse wonder

Betekenis:
Iets wat vir ʼn kort tydjie opspraak verwek

Waar kom dit vandaan?

Na aanleiding van klein hondjies en katjies wie se oë na ongeveer nege dae oopgaan. Oorgedra op die mens beteken dit dat daar vir ʼn kort tyd oor ʼn saak gewonder word, waarna die oë oopgaan en die saak duidelik word.

Uitdrukking: Jou moses teenkom

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Uitdrukking:
jou moses teenkom

Betekenis:
jou meerdere teëkom

Waar kom dit vandaan?
Moses hier hou verband met moesoek, Maleis vir “opponent, meerdere”

Uitdrukking: Dis neusie verby

$
0
0
Argieffoto (Foto: Pixabay)

Argieffoto (Foto: Pixabay)

Uitdrukking:
Dis neusie verby

Betekenis:
Gesê as ʼn mens iets nie meer kan kry nie

Waar kom dit vandaan?
Eintlik: dit is by my neus verby, sodat ek net die reuk nog daarvan kry

Uitdrukking: ‘n Rat voor die oë draai

$
0
0
Argieffoto (Foto: Denzel, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Denzel, Pixabay)

Uitdrukking:
‘n Rat (vroeër rad) voor iemand se oë draai

Betekenis:
Iemand bedrieg

Waar kom dit vandaan?
Een moontlike herkoms is dat as ‘n wiel vinnig voor jou oë gedraai word, jy later nie meer die speke mooi kan sien nie. ‘n Ander verklaring is dat met die rad ‘n gloeiende voorwerp bedoel word, soos ‘n tak wat smeul, en as dit in donkerte vinnig genoeg in die rondte geswaai word, dit soos ‘n wiel lyk – wat dit nie is nie. Die skyn bedrieg dus.

Uitdrukking: ʼn Kaart in die mou hê

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Uitdrukking:
ʼn kaart in die mou hê

Betekenis:
ʼn Plan hê wat later uitgevoer kan word

Waar kom dit vandaan?
ʼn Kaartspeler wat kul, hou ʼn goeie kaart in die geheim in sy mou om later te gebruik wanneer dit hom die pot kan laat wen.


Uitdrukking: Iemand se hempie is kort

$
0
0
Argieffoto (Foto: GregMontani, Pixabay)

Argieffoto (Foto: GregMontani, Pixabay)

Uitdrukking:
Iemand se hempie is kort

Betekenis:
Iemand word gou kwaad

Waar kom dit vandaan?
Die kort hemp maak dat hy gespot word en hy is dus prikkelbaar

Uitdrukking: holderstebolder iets doen

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Uitdrukking:
holderstebolder/holderdebolder iets doen

Betekenis:
Iets oorhaastig doen

Waar kom dit vandaan?
Volgens die Nederlandse woordeboeke is holderdebolder ʼn klanknabootsing van die geluid van iets wat aangerol kom. Die -bolder hou dan verband met bulder wat “raas, dreun” beteken het. In Nederlands het bol ook die betekenis van “kop”, dit sit in Afrikaans nog in ʼn woord soos krullebol. Daar is ʼn moontlikheid dat holderstebolder dan eintlik verwant is aan halsoorkop soos in halsoorkop iets doen. Waar dié woord eintlik “nek oor die kop” beteken, sê holderstebolder soortgelyk “hol over bol”, wat in plat Afrikaans gat oor kop (slaan) geword het.

Uitdrukking: iemand van puntjie na paaltjie stuur

$
0
0
Argieffoto (Foto: bernswaelz, Pixabay)

Argieffoto (Foto: bernswaelz, Pixabay)

Uitdrukking:
iemand van puntjie na paaltjie stuur

Betekenis:
Iemand doelloos rond en bont stuur (Engels: send someone from pillar to post)

Waar kom dit vandaan?
Moontlik kom hierdie uitdrukking uit die sogenaamde manège, die plek waar perde opgelei word. Die perd draf in ʼn sirkel om die middelpunt langs pale wat in ʼn kring om die ryperk geplant is. Dié aktiwiteit is doelloos in die sin dat die perd nêrens heen gaan nie.

[Video] Uitdrukking: ‘n Ou voël met kaf probeer vang

$
0
0

Leer sommer so tong in die kies danksy Afrikaans.com wat die uitdrukking, “‘n Ou voël met kaf probeer vang” beteken. Neem gerus deel aan Afrikaans.com se veldtog, “Hoe lyk jou Afrikaans?”

Uitdrukking: Die sieke dra die gesonde

$
0
0
Jaco Strauss se Jakkals en Wolf-kuns vir die reeks wat deur Lapa Uitgewers uitgegee is (Foto: strauss-art.com)

Jaco Strauss se Jakkals en Wolf-kuns vir die reeks wat deur Lapa Uitgewers uitgegee is (Foto: strauss-art.com)

Uitdrukking:
Die sieke dra die gesonde

Betekenis:
Die minderbevoorregte help die bevoorregte

Waar kom dit vandaan?
Ontleen aan ʼn dierefabel van Jakkals en Wolf.

Dié twee sluip ʼn skaapkraal binne deur die skuiwergat en begin skape vreet. Jakkals gaan kyk kort-kort of hy nog dun genoeg is om uit te kom. Toe dit knap gaan, beur hy deur en skree: “Boer! Boer! Wolf is in jou kraal!” en hy hardloop weg.

Wolf is te dikgevreet en die boer se honde byt hom amper dood.

Toe hy uiteindelik bykom, struikel hy aan huis toe en kry vir Jakkals wat maak of hy siek is van die slae wat Boer hom sou gegee het. Op sy gesmeek willig Wolf uiteindelik in om Jakkals te dra, al is hy self so ellendig.

Jakkals sing saggies: “Die sieke dra die gesonde.”

Uitdrukking: die pyp rook

$
0
0
Argieffoto (Foto: Unsplash, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Unsplash, Pixabay)

Uitdrukking:
die pyp rook

Betekenis:
met iets slaag; wen

Waar kom dit vandaan?
Die spreekwoord hang saam met iemand se twak is nat. So iemand kan nie die pyp rook nie, dus nie slaag in sy doel nie, maar as jou twak nie nat is nie, kan jy die pyp rook – dit wil sê, slaag met iets.

OOK:

Uitdrukking:
iemand se twak is nat

Betekenis:
iemand kan nie sy doel bereik nie

Waar kom dit vandaan?
Nat twak kan nie brand nie en is nutteloos vir die roker

[Video] Uitdrukking: Jou oor ‘n dooie rot verheug

$
0
0

Leer sommer so tong in die kies danksy Afrikaans.com wat die uitdrukking, “Jou oor ‘n dooie rot verheug” beteken. Neem gerus deel aan Afrikaans.com se veldtog, “Hoe lyk jou Afrikaans?” Besoek http://www.afrikaans.com/


Uitdrukking: ʼn Draad vir elke naald hê

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Uitdrukking:
ʼn Draad vir elke naald hê

Betekenis:
Altyd met ʼn antwoord gereed wees

Waar kom dit vandaan?
Ontleen aan naaldwerk: as die garing te dik is vir die naald, is daar ook ʼn naald met ʼn groter oog beskikbaar.

Uitdrukking: ‘n Blou Maandag

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Uitdrukking:
ʼn Blou Maandag

Betekenis:
ʼn Dag waarop alles verkeerd loop

Waar kom dit vandaan?
Die byvoeglike naamwoord blaauw het in die Middeleeue en ook later die betekenis van “nietig, van weinig waarde” gehad, ʼn blou Maandag was dus ʼn Maandag van geen besondere betekenis nie, terwyl Sondag die feesdag was waarop daar nie gewerk is nie. ʼn Ander moontlike verklaring het te make met die Maandag voor die vastyd in die kerk, wanneer die beelde, die altaar, die doopvont en die kansel met blou doeke behang is. Aangesien die dag in die Middeleeue ook Goeie Maandag genoem is, lyk laasgenoemde verklaring nie aanvaarbaar nie.

Uitdrukking: As Petrus by is, praat ʼn mens nie van ʼn haan nie

$
0
0
Argieffoto (Foto: tresdetres, Pixabay)

Argieffoto (Foto: tresdetres, Pixabay)

Uitdrukking:
As Petrus by is, praat ʼn mens nie van ʼn haan nie

Betekenis:
ʼn Mens praat nie van iemand se foute, vernedering in die verlede as hy teenwoordig is nie

Waar kom dit vandaan?
Na aanleiding van Lukas 22:60-61 en die gekraai van die haan wat Petrus se verloëning van Jesus bevestig.

[Video] Uitdrukking: ‘n Voël in die hand is beter as 10 in die lug

$
0
0

Leer sommer so tong in die kies danksy Afrikaans.com wat die uitdrukking, “’n Voël in die hand is beter as 10 in die lug” beteken. Neem gerus deel aan Afrikaans.com se veldtog, “Hoe lyk jou Afrikaans?” Besoek http://www.afrikaans.com/

[This post contains video, click to play]

Uitdrukking: ʼn Bloutjie loop

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Uitdrukking:
ʼn Bloutjie loop

Betekenis:
ʼn Versoek (ook ʼn huweliksaansoek) geweier word

Waar kom dit vandaan?
Die bloutjie is eintlik ʼn verkorting en verkleining van blou skeen. Dit het vir die vryer gevoel asof die beminde hom daar geskop het.

Viewing all 540 articles
Browse latest View live