Quantcast
Channel: Idiome en uitdrukkings | Maroela Media
Viewing all 540 articles
Browse latest View live

[Video] Uitdrukking: Hy dra water in ‘n mandjie aan


Uitdrukking: ʼn Wit raaf

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Uitdrukking:
ʼn Wit raaf

Betekenis:
Iets wat baie skaars/seldsaam is

Waar kom dit vandaan?
ʼn Wit raaf (of kraai) is ʼn besonder seldsame voël. Volgens die Romeinse digter van die tyd van Christus, Ovidius, was die raaf oorspronklik wit, maar is hy deur Apollo Phoibos in ʼn swart voël verander omdat hy die geheim uitgelap het dat Koronis, ʼn geliefde van Apollo, aan die god ontrou was.

Uitdrukking: Derde keer (of drie maal) is skeepsreg

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Uitdrukking:
Derde keer (of drie maal) is skeepsreg

Betekenis:
Die derde poging is gewoonlik suksesvol; alle goeie dinge bestaan uit drie

Waar kom dit vandaan?
Malherbe is van mening dat die ou opvatting dat drie ʼn heilige getal is, in dié spreekwoord skuil, maar dit is net ʼn gissing, want dit verklaar nie die byvoeging in Ou Nederlands van …en eenmaal voor de knecht nie. Volgens ander bronne was dit vroeër hoegenaamd nie ʼn dreigende opmerking nie, en het dit niks met seevaartstrawwe soos kielhaal te make gehad nie.

Myns insiens is dit vas en seker dat dit nie met die skeepvaart te make het nie. Die schepenrecht van Middelnederlands was die “wetboek vir die regspraak van die skepe, of die regspraak van die skepe self”. Hierdie skepe (Middelnederlands schepen) was regters wat die wet in ʼn stad toegepas het. Daar was dikwels sewe van hulle, waaruit een as burgemeester aangewys is en dan as die schepenburgemeester bekend gestaan het.

Die betekenis van “munisipale regter” blyk duidelik uit ander samestellings met schepen- in Middelnederlands, byvoorbeeld schepenbank (“regbank”), schepenboec (“boek waarin die vonnisse aangeteken is”), schependoem (“skeepsvonnis”, maar ook die gebied waar ʼn bepaalde erfreg, die schependomsrecht gegeld het, in teenstelling met die aasdomsrecht wat deur die buurtregters of azigen uitgeoefen is) en ʼn tiental meer, waaronder schepencnape (“geregsbode”). Die skeeps- van skeepsreg het niks met die vloot te make gehad nie.

As ʼn mens drie maal dieselfde oortreding begaan het, is jy onder die reg van die schepen vervolg. Maar nie as jy ʼn “kneg” was nie: dan het die Ou Nederlandse byvoeging gegeld, naamlik en eenmaal voor de knecht.

Dit maak sin as ʼn mens ook weet dat een van die betekenisse van Middelnederlandse cnecht juis “dienaar van die gereg” was: die polisieman het geen tweede kans gekry as hy ʼn oortreding begaan het nie – dit was sommer dadelik skeepsreg vir hom.

Uitdrukking: Elke voël sing soos hy gebek is

Uitdrukking: Heuning op die tong

$
0
0
Argieffoto (Foto: fancycrave1, Pixabay)

Argieffoto (Foto: fancycrave1, Pixabay)

Uitdrukking: Wie heuning wil eet, moet steke verdra
Betekenis: Wie iets besonders wil hê, moet daarvoor betaal

Uitdrukking: Heuning in die mond dra.
Betekenis: Vol vleitaal wees

Uitdrukking: Heuning in die mond, gal in die hart.
Betekenis: Agter vleitaal skuil dikwels bitterheid of afguns

Uitdrukking: Iemand heuning om die mond smeer
Betekenis: Iemand vlei

Uitdrukking: Heuning is nie soet genoeg vir iemand nie
Betekenis: Iemand is so sedig dat hy niks sê nie

Uitdrukking: Soeter as heuning
Betekenis: Baie soet; uiters aangenaam

Uitdrukking: Wie heuning uithaal, moet steke verwag
Betekenis: Wie waag, moet moeilikheid verwag

Uitdrukking: Heuning op die tong hê
Betekenis: Vol mooipraatjies wees

Uitdrukking: Met heuning vlieë vang
Betekenis: Deur vleitaal jou doel bereik

Uitdrukking: Die kat die bel aanbind

Uitdrukking: Nie by iemand kan kers vashou nie

$
0
0
Argieffoto (Foto: patrycja1670, Pixabay)

Argieffoto (Foto: patrycja1670, Pixabay)

Uitdrukking:
Nie vir/by iemand kan kers vashou nie

Betekenis:
Nie kan doen wat iemand anders kan nie.

Waar kom dit vandaan?
Voordat elektrisiteit in die wêreld gekom het, het die vakleerlinge van die ambagsman v ir die meester ‘n kers vasgehou as hy in donker plekke gewerk het. Party leerlinge sou nooit die paal haal om self ‘n meester te word nie, en dan is gesê dat hy nie eens by die meester kon kers vashou nie (so onbekwaam is hy).

[Video] My Afrikaans is…


Uitdrukking: Nie kop of stert van iets uitmaak nie

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Uitdrukking:
Nie kop of stert van iets (kan) uitmaak nie

Betekenis:
Iets nie die minste (kan) begryp nie

Waar kom dit vandaan?
Dit wil sê as dit ʼn dier was, sou jy nie die kop van die stert kon onderskei nie, so min begryp jy daarvan

Uitdrukking: kant en klaar

$
0
0
Argieffoto (Foto: 947051, Pixabay)

Argieffoto (Foto: 947051, Pixabay)

Uitdrukking:
kant en klaar

Betekenis:
Heeltemal gereed wees

Waar kom dit vandaan?
Kant in Nederlands hoort by die werkwoord kanten wat beteken om die (oorhangende) kante van iets af te sny om dit netjies te maak. As dit klaar was, was jy gereed om iets anders te doen.

Uitdrukking: Met die deur in die huis val

$
0
0
Argieffoto (Foto: djoanis, Pixabay)

Argieffoto (Foto: djoanis, Pixabay)

Uitdrukking:
met die deur in die huis val

Betekenis:
sonder vooraf waarskuwing ʼn saak aanroer

Waar kom dit vandaan?
Die beeld is van iemand wat sonder uitnodiging by die voordeur inbars, en selfs dit van die skarniere af breek

Uitdrukking: Witvoetjie soek

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Uitdrukking:
witvoetjie soek

Betekenis:
probeer om iemand se guns te wen

Waar kom dit vandaan?
Die uitdrukking is sedert die 16de eeu in Nederland en Vlaandere bekend waar perde met wit pote tolvry op die paaie mag galop het of selfs die stadspoorte vrylik kon binnegaan

Uitdrukking: Jou skepe agter jou verbrand

$
0
0
Argieffoto (Foto: dimitrisvetsikas1969, Pixabay)

Argieffoto (Foto: dimitrisvetsikas1969, Pixabay)

Uitdrukking:
Jou skepe agter jou verbrand

Betekenis:
ʼn Onherroeplike stap doen

Waar kom dit vandaan?
Met dié optrede vernietig jy enige moontlikheid om uit die situasie weg te vaar. In die geskiedenis word die verbranding van skepe waarmee veroweraars geland het, dikwels vermeld. Só byvoorbeeld het die vroue van die vlugtelinge van Troje die skepe verbrand toe mans op Sicilië geland het. Dit geld ook die landing van Willem van Normandië in 1055 en die Spanjaard Ferdinand Corez in Mexiko in 1516. Hiermee het die veroweraars te kenne gegee dat hulle nooit sal omdraai nie.

Uitdrukking: Die giftand hê

$
0
0
Argieffoto (Foto: Foto-Rabe, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Foto-Rabe, Pixabay)

Uitdrukking:
Die giftand hê

Betekenis:
Buitengewone bomenslike vermoë hê om kwaad te doen

Waar kom dit vandaan?
Die giftand is die hol tand van ʼn slang waardeur sy gif uitgestoor word. Die slang is eeue lank al die simbool van die kwaad.

Uitdrukking: ʼn Ou kalant (lank in die land)

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Uitdrukking:
ʼn Ou kalant (lank in die land)

Betekenis:
ʼn Skelm/geslepe persoon

Waar kom dit vandaan?
In Middelnederlands het kalant ongeveer dieselfde betekenis as ons klant gehad, dit wil sê iemand wat sy winkelware by ʼn bepaalde persoon koop. Daaruit het ʼn bybetekenis van “listig” ontwikkel, wat in Afrikaans versterk is met die byvoeging van ou. In sekere Nederlandse dialekte beteken kalant ook “geslepe persoon”


Uitdrukking: Gebraaide duiwe vlieg niemand in die mond nie

$
0
0
Argieffoto (Foto: gentlegiant27153, Pixabay)

Argieffoto (Foto: gentlegiant27153, Pixabay)

Uitdrukking:
Gebraaide duiwe vlieg niemand in die mond nie

Betekenis:
Sonder inspanning kry ‘n mens niks nie

Waar kom dit vandaan?
Die oorsprong is ontleen aan ‘n beskrywing van ‘n Luilekkerland waar die inwoners selfs te lui is om die gebraaide hoenders, duiwe en eende wat verbyvlieg, te vang en dié dus vanself in hulle monde invlieg. Die Griekse skrywer, Athenaios, het reeds in 200 n.C. geskryf dat dié soort land ook by die Grieke en Romeine bekend was. Athenaios kan seker geglo word, want sy belangrikste werk was Deipnosophistai, “Die gastronome”.

Uitdrukking: So doof soos ʼn kwartel

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Uitdrukking:
So doof soos ʼn kwartel

Betekenis:
Baie doof

Waar kom dit vandaan?
As ʼn kwartel bang word, bly sit hy roerloos sodat sy vyand hom nie maklik kan sien nie. Daar word beweer dat ʼn mens selfs op hom kan trap of ʼn geweer afvuur sonder dat hy sal beweeg. Hierdeur het die oorlewering ontstaan dat die voël doof is.

Uitdrukking: Lont ruik

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Uitdrukking:
Lont ruik

Betekenis:
Agterdogtig weer/onraad vermoed.

Waar kom dit vandaan?
Dit kom van die dae van die pangewere toe daar nog nie slagdoppies was nie en die kruit met ’n lont aan die brand gesteek is. Die wagte het in die nag ’n stuk lont aangesteek sodat hulle nie tyd hoef te mors as die vyand aanval nie; daar was klaar ’n vonk wat in die kruitpan kon val. Volgens een oorlewering het die nader sluipende soldate in die donker geweet dat hulle die wagte nader as hulle die lont kon ruik. Die ander verklaring is dat die soldate in ’n vesting geweet het daar dreig gevaar as hulle hul eie lont ruik.

Uitdrukking: Dis klaar met Kees

$
0
0
Argieffoto (Foto: Pexels, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Pexels, Pixabay)

Uitdrukking:
Dis klaar met Kees

Betekenis:
Dis alles verby. Daar is niks meer aan te doen nie.

Waar kom dit vandaan?
Die aanneemlikste verklaring in Malherbe is dat dit ‘n persoon in ‘n ou rympie oor Kees Malbaar is en uit die Afrikaans van die laat 19de eeu kom:

Faarwel, faarwel, vriendinnetjie,
Di afskijd neem ons nou.
Of gaan mar liwer tog mar mé
Dan kan ons net nou trou.

Dog as jij peuter, dan faarwel!
Faarwel fer seuwe jaar.
Dan sal dit fer ons altwé kwel,
Net soos ver Kees Malbaar.

Dat ons mekaar al twé bemin,
Dit weet ek allermees;
Mar nou wil jij net hê jou sin:
Faarwel, dis klaar met Kees.

Uitdrukking: hot en haar

$
0
0
Argieffoto (Foto: Horst64, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Horst64, Pixabay)

Uitdrukking: Iemand hot en haar stuur
Betekenis: iemand doelloos rondstuur

Uitdrukking: Nie weet wat hot of haar is nie
Betekenis: heeltemal oningelig wees

Uitdrukking: Hot (om) en haar (om) spring
Betekenis: Verniet na uitkomkans soek

Uitdrukking: Hot is hot en haar is haar
Betekenis: Daar is geen twyfel aan nie, dit is soos die saak staan

Waar kom dit vandaan?
In Nederland is hot ʼn bekende woord om ʼn trek- of pakdier aan te dryf. “Hot” en “haar” is die posisie van die trekosse waar “hot” links is en “haar” regs.

OOK:

Uitdrukking:
Dit hotagter kry
Betekenis:
Baie swaar kry
Waar kom dit vandaan:
Hotagter is ʼn moeilike posisie vir ʼn trekos: dit is die linkerkantste agteros wat om draai dit moeiliker het as die os langs hom op haaragter: daar word haarom geploeg en die hotos moet om draaie gedurig opdruk sodat daar nie ʼn bank geploeg word nie.

Uitdrukking: Hotom en haarom staan
Betekenis: Allerhande uitweë soek

Viewing all 540 articles
Browse latest View live