Quantcast
Viewing all 540 articles
Browse latest View live

Uitdrukking: ʼn man van strooi

Image may be NSFW.
Clik here to view.
Argieffoto (Foto: AdinaVoicu, Pixabay)

Argieffoto (Foto: AdinaVoicu, Pixabay)

Uitdrukking:
ʼn man van strooi

Betekenis:
Iemand wat sy naam aan ʼn saak vir vertoon koppel (soms teen betaling) maar nie daarby betrokke is nie

Waar kom dit vandaan?
Baie vroeër in Engeland het armes voor die hof rondgedrentel en aangebied om teen betaling valse getuienis te lewer. Hulle het hulle bereidwilligheid daartoe skelm vertoon deur ʼn strooihalm in hulle skoene te dra.


Woord: Jan en die ander

Een van die gewoonste mansname, Jan, word in baie uitdrukkings in Afrikaans gebruik:

Jan Alleman (Jan en alleman): die deursneepersoon
Jan Balie: persoon met ‘n groot maag
Liewer bang Jan as dooi(e) Jan: liewer versigtig as dood
Jan Burger: die gewone burger
jandooi: dooierige persoon sonder energie; slaapkous: ‘n regte ou jandooi; so ‘n ou jandooi sal nooit vrou kry nie
jandorie: minder gewoon vir gedoriewaar
jangroentjie: nuweling aan ‘n inrigting; groentjie
janhen: vrouagtige man
Jan Kalbas: sukkelaar
Jan Kieser: die gewone stemgeregtigde burger
janklaas: hanswors, grapmaker
Jan Kompanjie (histories): die Hollandse Oos-Indiese Kompanjie
Jan Laventel: opgetooide, spoggerig aangetrekte kêrel
Jan Lui: ‘n lui persoon
Mal Jan onder die hoenders: enigste man tussen ‘n aantal dames
Jan Pampoen: niksbeduidende vent, stommerik
Jan, Piet (Paul) en Klaas: elkeen, almal
Jan Publiek: die groot massa
janrap: niksbeduidende persoon; persoon van lae afkoms
Jan Rap en sy maat: elkeen, almal sonder onderskeid; die gespuis
Jan Salie (ook jansalie): papbroek, lamsak; persoon sonder fut
Jan Taks: die minister van finansies of die belastinggaarder
Met Jan Tuisbly se karretjie gaan: nie iewers heen gaan nie, tuisbly – veral teen kinders gesê

OOK:
Jantjie Gou-Gou: haastige persoon
Jantjie Sekuur: besonder presiese, noukeurige persoon
jantjie-sonder-erg: onbekommerde persoon wat ongeërg sy gang gaan
jantjie-van-alles: iemand wat allerhande werkies kan doen; faktotum

Idioomgrappe

Image may be NSFW.
Clik here to view.
kind-lag-5
Hy het so aanmekaar gepraat, ál kans wat ek gekry het om my mond oop te maak was om te gaap.

As geld werklik aan bome gegroei het, sou talle mense meermale hoog in die takke gewees het.

Waarom het ‘n spook blou tone? Hy het die emmer geskop.

Toneelspeler 1: “Gisteraand het ek die gehoor aan hulle stoele vasgenael gehad.”
Katterige toneelspeler 2: “Ja, dit is een manier om hulle daar te hou.”

Landdros: “Het jy en jou vrou woorde gehad?”
“Ja, Edelagbare, maar ek het nie tyd gehad om myne gesê te kry nie.”

Verveelde vrou aan haar man: “Ek kan jou soos ‘n boek lees. Ek weet presies wat jy dink.”
Man: “Nou hoekom gaan jy dan nie soontoe nie?”

Kannibaal 1 na die ete: “Dit was heerlik.”
Kannibaal 2: “Ja, my vrou maak regtig lekker bredie. Ek gaan haar baie mis.”

Oorspronklik gepubliseer in die boek Kwinksinnig: Taalskertse deur Johan Combrink met illustrasies deur Piet Grobler.
Uitgewers: Tafelberg, 1998

Uitdrukking: Wat sê Horak?

Uitdrukking: Image may be NSFW.
Clik here to view.
door-81541_1280

Wat sê Horak?

Betekenis:
Gevra wanneer iets betwyfel word wat iemand gesê het.

Waar kom dit vandaan?
Ene mnr. Horak, wat in die Paarl gebly het, het begin agterkom dat die predikant Sondae sy preek só maak dat die hele gemeente besef dat dit op Horak en sy doen en late gemik is! (Waarskynlik meer op sy doen as op sy late).

Natuurlik was ou Horak glad nie te vinde hiervoor nie!

Sondae het mnr. Horak by die kerkdeur gestaan, en as die dominee iets beskuldigend sê, het ou Horak van daar agter af kliphard geroep: “As dit maar waar is!”

Naderhand het die mense – wanneer hulle getwyfel het of iets waar is – eers gevra: “Wat sê Horak?”

Die gebruik om te sê “Wat sê Horak?” wanneer jy die feite van ʼn storie bevraagteken, het vandag bykans uitgesterf omdat niemand meer die verband met mnr. Horak van die Paarl kan lê nie.

Deel van Idiome en Uitdrukkings

Uitdrukking: Jou lyf aasvoël hou

Image may be NSFW.
Clik here to view.
antique-forks-1405750_1920
Uitdrukking:

Jou lyf aasvoël hou

Betekenis:
Teen etenstyd by mense aankom en direk daarna weer vertrek

Idioom: ʼn Moordkuil van jou hart maak

Image may be NSFW.
Clik here to view.
balloon-1046658_1920
Idioom:

ʼn Moordkuil van jou hart maak
Betekenis:
Jou gevoelens onderdruk
Waar kom dit vandaan?
Voortvlugtiges soos moordenaars en diewe het van ouds in grotte en kuile weggekruip omdat hulle geen woning gehad het nie. Hulle was dus weggesteek, net soos ʼn mens se gevoelens.

Idioom: In Abraham se skoot wees

Image may be NSFW.
Clik here to view.
daisy-1346049_1920
Idioom:

In Abraham se skoot wees.

Betekenis:

In ‘n genoeglike toestand verkeer. Gelukkig wees.

Ook: In Abraham se skoot grootword – as kind bederf word.

 

Uit: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom
Uitgewer: Pharos

Uitdrukking: ʼn Brawe Hendrik

Image may be NSFW.
Clik here to view.
vintage-1386249_1920
Uitdrukking:

’n Brawe Hendrik

Betekenis:
’n Man wat alte goed wil wees; ’n seun wat te soet en voorbeeldig is

Waar kom dit vandaan?
Ontleen aan die titel van ‘n gewilde 19de-eeuse Nederlandse boek van Nicolaas Anslijn (1777-1838) waarin Hendrik as skynheilige uitgebeeld word. Dit is opgevolg deur De Brave MariaBraaf in Nederlands beteken “deugsaam, goed, gaar”, nie “dapper” nie.

OOK: 
‘n Brawe Maria (‘n Voorbeeldige meisie)


Daar kom dadels van

Image may be NSFW.
Clik here to view.
herman Daendels

Herman Willem Daendels. Foto: Wikipedia

Idioom:
Daar kom dadels van

Betekenis:
Daar kom niks van nie

Waar kom dit vandaan?
Herman Willem Daendels, gebore in Hattem, Nederland, was in die vroeë 19de eeu tydens Napoleon se besetting van Nederland ʼn generaal in die Franse leër, en is later bevorder tot goewerneur-generaal van Nederlands-Oos-Indië. Volgens die meeste bronne het hy nie veel vermag nie; daar bestaan byvoorbeeld twyfel of hy die bestuur verbeter en die korrupsie tydens sy bewind verminder het. Daar is enkele voorkomste van ʼn wisselvorm van sy van, naamlik Daedels, wat moontlik aanleiding gegee het tot die uitdrukking daar kom Da(e)dels van.

Uitdrukking: In jou noppies wees

Image may be NSFW.
Clik here to view.
fabric-1280136_1920
Uitdrukking:

In jou noppies wees/In jou knoppies wees

Betekenis:
Baie gelukkig en tevrede wees

Waar kom dit vandaan?
In jou noppies wees is ʼn wisselvorm van in jou knoppies wees. Eintlik beteken dit dat jy letterlik in jou klere is waar knoppies of noppies of pluisies op sit. Jy is dus geklee in mooi klere – jy het letterlik ʼn feesgewaad aan. In Nederlands beteken die woord nop ‘n pluis op wolstof, en veral dan op nuwe klere, en die toepassing is dus dat ‘n mens in nuwe klere gelukkig behoort te voel.

Uitdrukking: stompoor gemerk wees

Image may be NSFW.
Clik here to view.
couple-1768644_1280
Woord: 
stompoor

1. Stompoor gemerk wees. ʼn Oujongnooi wees. Be on the shelf. OUJONGNOOI

ʼn Ou ooi se oor is dikwels stomp gesny as sy nie meer vir teeldoeleindes geskik was nie, en die effe kru toespeling is dan op ʼn oujongnooi gemaak. (Mansvelt heg hierdie verklaring aan skuinsoor gemerk wees.)

2. ʼn Nooi stompoor sny. Maak asof ʼn meisie reeds aan jou behoort. Pretend that a girl already belongs to one. NOOI, VRY

Na aanleiding van die eienaarsmerk op die vee waar die oor op ʼn besondere manier gesny word.

Bron: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom deur Anton F Prinsloo

 

Uitdrukking: Spykers op laagwater soek

Image may be NSFW.
Clik here to view.
vintage-1892149_1280

Illustrasie: Pixabay

Uitdrukking: Spykers op laagwater soek

Vit. Ongegronde aanmerkings maak. Try to find something to quibble about.
AANMERKING, ONGEGROND, VIT.

By skeepstimmerwerke, veral vroeër in Nederland, is die spykertjies wat gedurende die dag van die werksbanke afgeval het, met laagwater gesoek (die bouery was immers by die see geleë). Min of geen spykertjies is gevind, en oordragtelik beteken dit dus om na kleinighede te soek wat bykans nie te vinde is nie.

Bron: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom deur Anton F Prinsloo

Idioom: Die stoute skoene aantrek

Image may be NSFW.
Clik here to view.
foot-1582294_1280
Idioom:
Die stoute skoene aantrek.

Betekenis: Iets aandurf. Pluck up the courage. AANDURF
Iets (gewaagds) doen nadat jy eers geaarsel het; jou dus verstout om dit uit te voer.

Bron: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom, Anton F Prinsloo

 

Soos Uilspieël lyk

Image may be NSFW.
Clik here to view.
edward-lear-1823638_1280

Illustrasie: Pixabay

Uitdrukking:
Soos ‘n Uilspieël in die maanskyn lyk

Betekenis:
Verspot en onvanpas aangetrek wees

Waar kom dit vandaan?
Uilspieël is die verafrikaansing van die DuitseTill Eulenspiegel, die komiese maar uitgeslape swendelaar. Hy word dikwels bespotlik voorgestel, en die maanskyn-byvoeging is bloot om die beeld te versterk van iemand wat ongewone dinge doen. Spiegel in Nederlandse jagterstaal beteken ook “agterste” – dus “die agterste van ‘n uil”, beslis sware spot.

Uitdrukking: Gebraaide duiwe vlieg niemand in die mond nie

Image may be NSFW.
Clik here to view.
doves-1770573_640
Uitdrukking:

Gebraaide duiwe vlieg niemand in die mond nie.

Betekenis:
Sonder inspanning kry ‘n mens niks gedoen nie.

Waar kom dit vandaan?
Die oorsprong is ontleen aan ʼn beskrywing van Luilekkerland waar die inwoners selfs te lui is om die gebraaide hoenders, duiwe en eende wat verbyvlieg, te vang en dié dus vanself in hulle monde invlieg. Die Griekse skrywer, Athenaios, het reeds in 200 n.C. geskryf dat dié soort land ook by die Griekse en Romeine bekend was. Athenaios kan seker geglo word, want sy belangrikste werk was Deipnosophistai, “Die gastronome”.


Uitdrukking: In die boontjies raak

Image may be NSFW.
Clik here to view.
boontjies
Uitdrukking:
In die boontjies raak.
Betekenis: Verward raak. In die moeilikheid raak
Be bewildered. Get into hot water. MOEILIKHEID, VERWARD

Volgens ʼn ou volksgeloof het die blomme van boontjies in die voorjaar ʼn bedwelmende uitwerking op ʼn mens gehad. Iemand wat in so ʼn boontjieveld geslaap of te lank daarin vertoef het, het duiselig en heeltemal verward geraak. Meisies, veral, se koppe het daarvan gedraai sodat hulle maklik in voorhuwelikse moeilikheid kon raak.

Uitdrukking: dankie my hartjie!

Image may be NSFW.
Clik here to view.
balloon-1046658_1280
Uitdrukking:
Dankie my hartjie!
Betekenis: Soms gesê deur iemand net nadat hy genies het.
Bless me! BESWEER. NIES

Oorsprong:
Die oorspronklike uitdrukking was Dankie my Here(tjie). Volgens oorlewing by ʼn aantal volke was dit bedoel as ʼn dankbetuiging omdat op díe wyse van die duiwel in jou ontslae geraak kon word.

 

 

 

Uitdrukking: Lang tone hê

Image may be NSFW.
Clik here to view.
autumn-1869461_1280
Uitdrukking:
Lang tone hê.
Betekenis: Liggeraak wees. Be easily offended. LIGGERAAK.

In die letterlike betekenis sou lang tone dan makliker raak getrap word as kort tone, met pynlike gevolge. Figuurlik word iemand op ʼn baie sensitiewe plek seergemaak.

Uitdrukking: In die dolliwarie wees

Image may be NSFW.
Clik here to view.
woman-457846_640
Uitdrukking:
In die dolliwarie wees.
Betekenis: Vrolik en opgewonde wees. Verward wees.
Be in high spirits. Be confused.
OPGEWEK. VERWARD.

Vervorming van Dolly Varden, ʼn swierig uitgevatte koket met ʼn kenmerkend blomversierde hoed, in Charles Dickens se werk, Barnaby Rudge.

Uitdrukking: die kokkewiet het gebyt

Image may be NSFW.
Clik here to view.
Argieffoto (Foto: Pexels, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Pexels, Pixabay)

Uitdrukking:
die kokkewiet het gebyt/gesny

Betekenis:
Gesê as iemand se voet van onder gebars of gesny is, veral onder die tone.
Have a cut or a crack in the skin under one’s foot. Have athlete’s foot.

Waar kom dit vandaan?
Gesê na aanleiding van ’n versinsel van die ouer geslag dat ’n sandbewoner soos ’n mierleeu kinders se tone sal afsny as hulle kaalvoet loop. Dit is ook vroeër (deur hipersensitiewe, ouer taalgebruikers) gebruik as ‘n versagting vir voetskimmel (atleetvoet).

Viewing all 540 articles
Browse latest View live