Quantcast
Channel: Idiome en uitdrukkings | Maroela Media
Viewing all 540 articles
Browse latest View live

Met die nagskuit kom

$
0
0

birds-47285_640Woord: nagskuit
Uitdrukking: met die nagskuit kom
Betekenis: Nie weet waaroor gepraat word nie. Be quite in the dark. Have no clue. ONBEWUS. ONKUNDE

Dié uitdrukking het letterlik beteken “te laat kom”, met die verdere toepassing dat ’n mens dan nie sou weet wat die onderwerp van die gesprek is wat jou koms voorafgegaan het nie.

 


Lyk soos een wat met die nagtrein gekom het

$
0
0

Uitdrukking: lyk soos een wat met die nagtrein gekom het

Betekenis: baie slordig lyk.
Look like one who has slept in his clothes. SLORDIG.

 

 

Jakopeweroë hê

$
0
0

Foto: Pixabay.

Uitdrukking: jakopeweroë hê
Betekenis: Oë het wat uitpeul. Have eyes like billiard balls. UITPEULOË

Na aanleiding van die seevis jakopewer wat groot oë het wat opvallend uitpeul as dit gevang word. Die naam is vermoedelik afgelei van dié van ’n Nederlandse seeman, Jakob Evertse.

Woord: kompas

$
0
0

Uitdrukking: iemand se kompas staan stil.
Betekenis: iemand weet die wat om te doen nie.

Someone is all at sea. Someone is at a loss. Someone does not know which way to turn. RAADOP

Ontleen aan die skeepvaart: as die kompas stilstaan kan niet geseind word in watter koers die skip vaar die en dit verwar die skipper.

Jou skapies op die droë hê

$
0
0

Foto: Pixabay

Uitdrukking: Jou skapies op die droë hê
Betekenis: Taamlik welgesteld wees
Be well-to-do. RYKDOM

In Nederland tydens die vloede moes skape (en beeste) na hoër grond geneem word om hulle te beveilig; wie dit gedoen het, was verseker van ’n goeie toekoms in die boerdery. Op die droë hê het ook in sekere dele beteken “in die huis, in die stal”, dus veilig.

Uitdrukking: ’n Vreemdeling in Jerusalem

$
0
0

Foto: Pixabay

Uitdrukking: ’n Vreemdeling in Jerusalem
Betekenis: Iemand wat êrens ontuis voel of nie weet wat aan die gang is nie.
A stranger in a strange land.
ONINGELIG, ONTUIS

Ontleen aan die Bybel: Lukas 24:13 en verder, waar die geskiedenis van die Emmausgangers verhaal word. Op Jesus se vraag hoekom hulle so bedruk lyk, vra hulle hom of Hy dan die enigste vreemdeling in Jerusalem is wat nie weet dat Jesus gekruisig is nie.

 

Hoendervel, hoendervleis

$
0
0

Foto: Pixabay

Uitdrukking: Hoendervel / hoendervleis kry.
Fyn knoppies op jou vel kry as gevolg van koue, hartstog of vrees.
Get goose-flesh. VREES

Skrik of skok laat die liggaam meer hormone afskei, veral adrenalien, wat die mens in staat stel om vinniger te vlug of harder te veg. Dit veroorsaak die knoppies op jou vel.

Bron: Anton F. Prinsloo, Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom

 

Uitdrukking: Blou Maandag

$
0
0

Foto: Pixabay

Uitdrukking: ’n Blou Maandag
Betekenis: ’n Dag waarop alles skeefloop
A Blue Monday. MOEILIKHEID. TEENSPOED.

Die byvoeglike naamwoord blaauw het in die Middeleeue en ook later die betekenis van “nietig, van weinig waarde” gehad; ’n blou Maandag was dus ’n Maandag van geen besondere betekenis nie, terwyl Sondag die feesdag was waarop daar nie gewerk is nie. ’n Ander moontlike verklaring het te make met die Maandag voor die vastyd in die kerk, wanneer die beelde, die altaar, die doopvont en die kansel met blou doeke behang is. Aangesien dié dag in die Middeleeue ook Goeie Maandag genoem is, lyk laasgenoemde verklaring nie aanvaarbaar nie.

 

 


Uitdrukking: gekombers maar nie gekerk nie

$
0
0

Uitdrukking: gekombers maar nie gekerk nie
Betekenis: Gesê van ’n man en ’n vrou wat saam leef sonder dat hulle getroud is.

Joined but not married. Buite-egtelik.
Na aanleiding daarvan dat hulle onder dieselfde kombers slaap.

 

 

 

 

Uitdrukking: In die sewende hemel wees

$
0
0

Foto: Pixabay

Uitdrukking: In die sewende hemel wees
Betekenis: Baie gelukkig wees
Be in one’s seventh heaven. GELUKKIG.

Islam, in die Koran, aanvaar die bestaan van die sewe hemele van die uitspansel wat in heerlikheid wissel van die sewende hemel, waar die Allerhoogste bly, tot die eerste hemel, die aardse paradys. Volgens ’n ander bron het die Jode ook sewe hemele erken.

Bron: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom van Dr. Anton Prinsloo.
Uitgewer: Pharos

Uitdrukking: Eers mens, dan langoor

$
0
0

Foto: Pixabay

Uitdrukking: Eers mens, dan langoor
Betekenis: Eers oumense, dan langore. Die meerdere word voor die mindere (gewoonlik kinders) bedien.
Grown-ups first. KINDERS, MINDERE, MEERDERE

Langoor is ’n ou, skertsende benaming vir ’n kind, waarskynlik omdat hulle ore figuurlik rek om te hoor wat die grootmense sê.

 

 

Uit die almanak wegloop

$
0
0

Foto: Pixabay

Uitdrukking: Uit die almanak wegloop
Betekenis: Spoorloos verdwyn.
Take French leave. VERDWYN. WEGLOOP.

Dié uitdrukkings is gegrond op die aard van ou almanakke wat nie net datums en vakansiedae aangedui het nie, maar ook boererate en, veral, weervoorspellings vir die komende jaar. Laasgenoemde was natuurlik totaal onbetroubaar. Die algemene opvatting was dus dat almanakke nie te vertrou was nie, net soos die werker wat stil-stil wegloop al is sy dienstyd op die almanak aangeteken.

 

 

 

Uitdrukking: bakmaats wees

$
0
0

Argieffoto (Foto: matheusseroa, Pixabay)

Uitdrukking:
Bakmaats wees

Betekenis:
Groot maats wees. Kop in een mus wees.

Engels:
To be great friends. To be thick as thieves.

Waar kom dit vandaan?
Uit die skeepvaart: die bak is die balie waarin die kos van die matrose gehaal word wat aan die boord saam eet; hulle is dus tafelmaats.

Uitdrukking: As die jakkals die passie preek, moet die boer die ganse oppas

$
0
0

Wikimedia Commons

Uitdrukking:
As die jakkals die passie preek, moet die boer die ganse oppas.

Betekenis:
’n Skelm se vroom praatjies maak ’n mens agterdogtig.

Engels:
Beware of your geese when the fox preaches.

Waar kom dit vandaan?
Ontleen aan ou diereverhale, byvoorbeeld Reinaert, waarin die jakkals sy kwade gesindheid verberg deur voor te gee dat hy ’n geestelike is. Die passie is ’n vertelling van die lydensgeskiedenis van Christus.

Uitdrukking: Antjie Tatterat

$
0
0

Argieffoto (Foto: Olichel, Pixabay)

Uitdrukking:
Antjie Tatterat

Betekenis:
Iemand wat skinder. Iemand wat baie praat.

Engels:
A gossip. A chatterbox.

Waar kom dit vandaan?
Tatterat is ’n klanknabootsende naam vir die tiptol wat soms sonder ophou kwetter.


Uitdrukking: Die hele rataplan

$
0
0

Argieffoto (Foto: 11mela, Pixabay)

Uitdrukking:
Die hele rataplan

Betekenis:
Die hele spul

Engels:
The whole caboodle

Waar kom dit vandaan?
’n Rataplan is ’n trommeslag, ’n klanknabootsende woord wat die geluid daarvan probeer weergee. Dit word toegepas op die geraas of gerammel van ’n spul mense wat tegelyk praat.

Uitdrukking: Lag soos ʼn boer met tandpyn

$
0
0

Argieffoto (Foto: Tabeajaichhalt, Pixabay)

Uitdrukking:
Lag soos ʼn boer met tandpyn

Betekenis:
Suur, gedwonge lag

Waar kom dit vandaan?
Boere het lank gelede nie die geleentheid gehad om die tandarts gereeld te besoek nie (as daar ooit ʼn tandarts was) omdat hulle selde na die naaste dorp gegaan het. Hulle moes dus maar die tandpyn verdra het, wat dit moeilik gemaak het om vrolik te lag.

Uitdrukking: Iets nie kan klein kry nie

$
0
0

Argieffoto (Foto: tpsdave, Pixabay)

Uitdrukking:
Iets/iemand nie kan klein kry nie

Betekenis:
Iets/iemand nie kan verstaan nie

Waar kom dit vandaan?
Asof die persoon/saak se optrede so vreemd is dat dit vir jou letterlik lyk na ʼn berg wat voorlê wat jy nie sal klein kry nie. Miskien is daar ook die gedagte aan eits wat te groot is om te vat.

Uitdrukking: op jou louere rus

$
0
0

Argieffoto

Uitdrukking:
op jou louere rus

Betekenis:
nie verder lof probeer inoes nadat ʼn mens deur eie inspanning iets bereik het nie

Waar kom dit vandaan?
ʼn Louerkrans (lourierkrans) of erepalm was ʼn teken van oorwinning; ʼn seëvierende generaal sou so bekroon word. Om daarop te rus, was dus om niks verder na te streef nie.

Daar word dikwels ten onregte gesê dat die lourierkrans by die antieke Olimpiese Spele toegeken is. Daar was vier sodanige spele, elk met sy eie soort krans vir die wenner. By die Putiese was dit van lourierblare gemaak; by die Nemeïese was dit van groen pietersielie; by die Olimpiese van wilde olyfblare; en by die Ismiese van droë pietersielie of groen denneblare.

Uitdrukking: Die meetsnoere het vir iemand op lieflike plekke geval

$
0
0

Argieffoto (Foto: Bessi, Pixabay)

Uitdrukking:
Die meetsnoere het vir iemand op lieflike plekke geval

Betekenis:
Wat iemand gekry of bereik het, is goed of mooi

Waar kom dit vandaan?
Die uitdrukking is ontleen aan Psalm 16:6 in die vroeëre Afrikaanse Bybelvertaling:
Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi.”
(1953-vertaling)
ʼn Pragtige deel is vir my afgemeet, ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi.”
(1983-vertaling)

Die meetsnoer is ʼn maatlyn wat deur landmeters gebruik is om die grootte (en ligging) van ʼn stuk grond te bepaal wat iemand toekom.

Viewing all 540 articles
Browse latest View live